top of page

GEBEDE (Afrikaans)

 

 

Almagtige Vader

Alles wat ons het, alles wat ons is, is net genade

Wat ons besit is net geleen, geskenke uit U hande

U wat ons so goed ken...ons sit en ons staan

Ons drome ..... ons ideale...ons begeertes.....ons gesindhede

Dankie dat U ons liefhet en self gekies het

Dankie dat U met ons geduldig is en oor ons waak

Selfs wanneer ons slaap

Maak en hou ons trou.....getroue Heer

Help ons om U verordeninge met respek en eerbied te onderhou

Dankie vir U vergifnis....Dankie vir soveel nuwe kanse

Dankie dat U ons nie net roep nie maar ook toerus

Dankie dat U ons nie net stuur nie maar ook saam met ons gaan

Bewaar ons nou Heer,van afdwaling en eiewilligheid

Laat ons leef....laat ons liefhe

Laat ons vergeef soos U dit wil he

Kom....Gees van YHWH.....kom en lei ons....oortuig ons.

Kla ons aan wanneer ons oortree

Reinig ons Here, vorm en maak ons ....al maak dit soms seer

Glansryke Majesteit.....laat U Lig oor en in ons skyn

U genade en vrede ons bybly

Vergeef ons, grote Heer, ons sonde en versterk ons deur U Gees

Laat ons vergewe soos U ons leer

Seen elkeen van ons geliefdes.....Seen ook elkeen van ons vyande

Verlos ons van die woede en verwoesting van die bose

Laat U Gees saam met ons wandel

In Jesus se kragtige mooi Naam bid ons Vader en dank U daarvoor

Amen

~ Anoniem ~

bottom of page